TANIA SE TUISGEBAKTE BROOD

TANIA SE TUISGEBAKTE BROOD
2.5 kg koekmeel (Sasko)
2 pakkies suurdeeg
1 eetlepel asyn
3 eetlepels olie
3 eetlepels sout
1 eetlepel suiker
Lou water gemeng met bietjie melk om mee te meng

Gooi so ‘n klein bietjie lou water bo op suurdeeg.
Laat staan dit so vir half uur.
Maak holte in meel en gooi suurdeeg, asyn en suiker by.
Voeg by sout en olie.
Meng lou water en ‘n klein bietjie melk en knie tot jy ‘n lekker elastiese deeg het.
Sit in 2  gesmeerde brood panne.
Laat rys  tot vol en bak vir so uur by 180°C of tot brood lig voel en hol klink as jy daarop klop.
Resep en foto: Tania Bianca Benecke Behrens