SOET DOPPIES


SOET DOPPIES
3 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
1 koppie suiker
2 eetlepels melk
250 g margarien
2 eiers
Sif droë bestanddele saam, meng margarien en suiker en voeg eiers en melk by (moet nie suiker en margarien room nie)
Meng droë bestanddele by en meng goed.
Rol dun uit en druk sirkels.
Smeer kolwyntjie pannetjies goed en druk die sirkels daarin – druk met vingerpunte vas.
Prik liggies met vurk in middel van pannetjies.
Bak in vooraf verhitte oond op 180°C vir ± 10 tot 15 min tot lekker bruin.
Bewaar in lugdigte houers tot gebruik.
Resep Johanna Zwiegelaar