MARIETJIE SE KAAS EN PASTA MET MAALVLEIS


MARIETJIE SE KAAS EN PASTA MET MAALVLEIS
Foto en resep: Marietjie Le Sueur
1 ui, fyn gesny
± 500 g maalvleis
1 pakkie kaassous van jou keuse
½ pakkie pasta (250 g)
2 koppies gerasperde kaas
paar skywe tamaties vir bo-op, opsioneel
Terwyl pasta in water kook, braai jy die uie tot sag.
Voeg maalvleis by uie en braai tot bruin en geur na smaak.
Gooi uie en maalvleismengsel in mengbak.
As pasta gaar is dreineer water en voeg pasta by maalvleismengsel.
Maak kaassous volgens aanwysings aan en roer by maalvleis-pastamengsel.
Voeg ‘n koppie gerasperde kaas by en roer goed deur.
Gooi oor in oondvaste glasbak.
Sit die gesnyde tamatieskywe bo op en strooi oorblywende kaas oor die tamatie of strooi net die kaas oor sonder die tamatie skywe.
Plaas bak in oond teen 180°C tot kaas lekker gesmelt is.
Kan bedien word met vrugte blatjang.