KOOL- FRIKKADEL-ROLLETJIES MET KAAS

KOOL- FRIKKADEL-ROLLETJIES MET KAAS
Hoeveelhede volgens die hoeveelheid porsies wat jy wil maak
koolblare
maalvleis
ui (in frikkadel)
tamatie
Mozzarella-kaas

Ek voel dit was nodig om kool-frikkadel so bietjie meer opwindend te maak. Ek het fyn neut, gerookte Paprika en Mozzarella kaas bo-oor gesprinkel en dit so 5 minute onder die grill gesit na alles gaar was.
Maak heel koolblare (die buitenste groenes) bietjie gaar in die mikrogolfoond sodat dit makliker kan vou. Laat afkoel.
Maak jou gunsteling frikkadel resep. Vorm frikkadelle en maak dit effens langer in ‘n wors vorm.
Gooi klein bietjie olie in ‘n oondpan/bak. Rol frikkadel worse elk in ‘n koolblaar toe en plaas langs mekaar met oop kant onder in bak, styf langs mekaar. Ek het so twee tuin tamatietjies gekap en bo-oor gesprinkel. Bedek met tin foelie en bak vir 30 minute toe op 180°C.
Maak pan oop en bak nog 30 min oop. Strooi fyn neut, gerookte Paprika en Mozzarella-kaas bo-oor en plaas vir 5 minute onder die grill tot mooi bruin. Bedien met fyn aartappels.
Resep geplaas deur: Louise Groenewald
Foto: Louise Groenewald