GEROOSTERDE PAMPOENPITTE



GEROOSTERDE PAMPOENPITTE
10 Pampoene, geskil en in blokkies gesny (verwerk en gebruik pampoenpitte).
Haal al die pitte tussen die draderigheid uit.
Spoel goed onder koue water, ek het dit sommer gevryf soos jy botter in meel vryf.
Bring water en sout tot kookpunt.
Voeg pitte by en kook vir 10 minute vandat dit begin kook.
Spoel goed onder koue water om van al die pampoen ontslae te raak.
Moenie die pitte droog maak nie, anders klou dit aanmekaar vas.
Sprinkel ‘n bietjie olyfolie op die bakplaat.
Strooi pitte bo oor en bak teen 180°C vir om en by 40 minute.
Kan na die tyd sout of enige ander speserye oorstrooi indien nie vir bakwerk gebruik word nie.
Resep en foto: Petré Van Jaarsveld