GEDULDIGE GEEN-KNIE BROOD


GEDULDIGE GEEN-KNIE BROOD (My vrou se gunsteling)
700 g broodmeel
600 g louwarm water
1 teelepel suiker
1 teelepel sout
¼ teelepel kitsgis
Los die gis en suiker in die water op en laat staan vir so 10 minute om in te skop.
Meng die meel en sout in ‘n groot mengbak. Die meel op foto was 500 g wit broodmeel en 200 g bruin broodmeel. Voeg die giswater by en meng tot ‘n gladde deeg. Dit sal baie slap en taai wees. Bedek met plastiek en laat fermenteer vir 12- 18 ure. Ek maak my hande nat en vou die deeg ‘n paar kere om tydens die rustyd.
Na 18 ure sal die mengsel goed uitgerys en borrelrig wees met ‘n skerp gisreuk.
Lig die deeg uit in ‘n ligter meel bestrooide plastiekbak, bedek weer en laat rus vir nog 2 ure. Na 1½ uur kan die oond aangeskakel word op 250ºC met ‘n swaar ysterpot met deksel binne die oond sodat die pot 30 minute goed warm kan word. Haal die warm pot uit die oond en dop die slap deeg daarin, strooi bietjie meel bo-op, sit deksel op en plaas terug in oond vir 30 minute. Verwyder die deksel en bak vir nog 15 – 30 minute teen ‘n verlaagde temperatuur van 220ºC.
Laat afkoel vir minstens ‘n halfuur voordat gesny word.
Die brood is op sy lekkerste wanneer vars gebak, maar maak heerlike roosterbrood as dit ouer is.
Resep en foto’s deur Hannes Smith
Foto 2 was ons ontbyt van die brood met ingelegde kerrie barrakoeda