GEBAKTE PAMPOEN- EN PATATKOEKIES


GEBAKTE PAMPOEN- EN PATATKOEKIES
3 koppies gaar gemengde pampoen en patats
250 ml pitlose ingelegde kersies, gehalveer
250 ml room
125 ml bruismeel
1 eier
Pampoen en patats mengsel kan volgens eie keuse gaar gemaak word.
Meng pampoenmengsel, kersies, room, bruismeel en eier saam.
Skep van die mengsel in kolwyntjie panne.
Strooi kaneelsuiker oor.
Bak by 180°C vir 25 min.
Resep geplaas deur Elna Erasmus
Foto: Elna Erasmus