FRIKKADEL EN KEKERERTJIE SOUTTERT


FRIKKADEL EN KEKERERTJIE SOUTTERT
1 rol gevriesde pofdeeg
500 g maalvleis vir frikkadelle van jou keuse
1 blikkie kekerertjies (chickpeas)
‘n halwe rooi soetrissie, opgekap
‘n halwe groen soetrissie, opgekap
200 g gekapte sampioene
1 pakkie potato bake van jou keuse
200 ml melk
2 eiers
Vir die frikkadelle het ek hierdie maklike en vinnige mikrogolf resep gebruik. (http://www.foodloversrecipes.com/20…/…/lekker-frikkadelle-3/) maar jy kan maak net wat jy wil. Maak net klein frikkadelletjies.
Braai die sampioene en soetrissies in ‘n bietjie olie vir ongeveer 5 minute en hou eenkant. Geur liggies met sout en peper. Onthou die potato bake wat gaan bykom is reeds sout.
Voer ‘n groterige vlak oondbak wat met ‘n kleefwerende middel gespuit is, met die deeg uit en rangskik die frikkadelle daarop. Strooi die gedreineerde kerkerertjies oor die frikkadelle en sorg dat hulle al die opening vul.
Strooi die soetrissies en sampioene eweredig bo-oor alles. Meng die melk, potato bake en eiers deeglik en giet oor die inhoud van die bak.
Bak by 180ºC vir ongeveer 30 minute tot die eiermengsel gestol het.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete