ELIZE SE SUURROOM KORS VIR PASTEIE

ELIZE SE SUURROOM KORS VIR PASTEIE
750 ml (3 koppies) wit broodmeel
5 ml (1 teelepel) sout
250 g ongesoute botter
250 ml suurroom
Sif die meel en sout 3 keer saam en sny of vryf die botter met jou vingerpunte in tot die botter soos klein ertjies in die meel lyk.
Voeg al die suurroom gelyk by die meel en sny dit met ‘n mes in tot goed gemeng.

Knie die deeg liggies met een hand tot dit ‘n bol vorm. (Moenie ekstra water byvoeg nie, hou net aan knie tot die deeg hanteerbaar word.)
Laat die deeg 30 minute of selfs oornag in die yskas rus.
Rol die deeg op ‘n meel bestrooide oppervlak uit en vou in derdes.
Draai die deegpakkie sodat die oop kante na jou toe wys.
Rol weer uit en vou weer in derdes.
Herhaal 1 maal.
Laat die deeg weer 30 minute rus. Herhaal die rol-en-vou proses nog 2 keer.
Die deeg is reg om te gebruik, maar kan ook 3 dae lank verkoel of tot 3 maande lank gevries word.
Ek het net die helfte van die resep van suurroomkors gemaak en dit was genoeg vir 1 tarentaal pastei.
Resep en foto:Elize de Kock
Vulsel op die foto:
http://www.foodloversrecipes.com/2018/02/elize-se-tarentaal-pastei/