CAPPUCCINO EN PIESANG VERRASSING



CAPPUCCINO EN PIESANG VERRASSING
7 – 8 piesangs, fyn gemaak (klein)
1 pakkie Crème Cappuccino
1 pakkie tennisbeskuitjies, fyn gemaak
230 g roomkaas
250 ml melk
Optioneel: sjokolade om bo-op te rasper
30 ml gelatine
40 ml warm water
Neem die een sakkie in die pakkie wat die sous is en meng dit met die water. Meng die sous met die koekiekrummels. Druk vas in ‘n losboompan as kors. Sit in die yskas tot jy die kors nodig het.
Meng die melk en die ander sakkie, voeg die gelatine by. Plaas in die mikrogolf, roer elke 1 min, NET TOT DIT BEGIN KOOK, moenie regtig laat kook nie. Meng die roomkaas en piesang en meng by die melkmengsel in. Gooi in die koekiekors. Sit in die yskas om te stol.
Haal uit die losboompan wanneer gestol en rasper ‘n sjokolade bo-oor, versier met neute en kersies.
Nota: Jy kan dit net in ‘n tertbak ook maak, en net so bedien.
Die kombinasie van die piesang, neute en sjokolade is heerlik, met die effense koffie ondertoon.
Resep en foto: Rina Kleinhans