TUISGEMAAKTE MARSHMALLOWS

TUISGEMAAKTE MARSHMALLOWS
2/3 koppie corn stroop
1 koppie water (verdeel in 2)
2 koppies wit suiker
3 pakkies gelatin
1 teelepel vanilla

Gooi die 3 pakkies gelatin met helfte van koue water in jou klitsbak. Laat staan terwyl jy die res van bestanddele, behalwe die vanilla, kook tot 240°C. Gooi by gelatin en klits vir 9 min, voeg dan vanilla by. Ek het ook blou sprinkels bygevoeg. Kleefpapier in bak. Gooi marshmallow vinnig in bak en laat rus vir tenminste 3 ure voor jy dit sny. Doop in versiersuiker of enige iets anders. Ek het ook net vir my kind ‘n kersvader marshmallow gemaak.

Foto en Resep: Elizabeth Haupt