PLAATKOEKIES VIR DIE KLEINTJIES


PLAATKOEKIES VIR DIE KLEINTJIES
Vanoggend vir my dogtertjie plaatkoekies gebak en vorms uitgesny vir haar. Sy was baie opgewonde toe sy hoor ek maak plaatkoekies vir skool.
Hier is die resep:
1 eier
62 ml strooisuiker
125 ml melk
12,5 ml olie
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
1 ml sout
heuning
botter
Klits eier met eierklitser in mengbak. Voeg suiker by.
Voeg helfte van melk en al die olie by eiermengsel. Klits weer goed.
Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam in ‘n ander mengbak.
Voeg meelmengsel by eiermengsel. Roer met houtlepel totdat daar nie klonte is nie.
Roer orige melk stadig by beslag totdat dit goed gemeng is. Moet dit nie langer roer nie.
Skakel stoofplaat op mattige hitte.
Smeer braaipan met olie en sit op plaat om warm te word.
Gebruik eetlepel en skep 3/4 lepelsvol beslag op ‘n keer in die pan.
Draai elke koekie versigtig om sodra daar lugblasies is.
Bak die ander kant ook tot hulle uitgerys en albei kante ligbruin is.
Bedien met botter en heuning.
Foto en resep geplaas deur Annelize de Bruin