OONDGEBAKTE AARTAPPELS MET STEAK EN SLAAI

OONDGEBAKTE AARTAPPELS MET STEAK EN SLAAI

Oondgebakte aartappels: sny in dun skyfies maar nie reg deur nie. Bedruip met olie. Sout na smaak en gooi Robertson Aromatic Potato spice oor. Bak teen 190°C vir so 45 minute of tot gaar. Smelt 2 eetlepels botter en bedruip die aartappels net voor opdiening.

Tenderiser steak : 6 stukke steak
2 eiers
1/2 koppie krummels
2 eetlepels ina paarman meat spice.
Klits eiers, meng krummels en meat spice. Plaas vleis eers in eier dan in krummels. Braai in vlak olie vir so 1-2 minute aan elke kant (hang af hoe dik die steaks is).

MANGO SLAAI
Slaai: blaarslaai, komkommer, tamatie, rooi peper, mango, druiwe, Feta kaas. Bedruip slaai met balsamic gold reduction.
Foto: Adele Horn