MARTIE SE FRIKKADELLE

MARTIE SE FRIKKADELLE
500 g maalvleis
1 klein plein yogurt
1 Wheatbix blokkie
1 pakkie wit uie sop
1 eier
Speserye van jou keuse

Meng alles saam maak balletjies en smeer die volgende op:
Cream of tomato soppoeier gemeng met bietjie tomato paste.
Redelik dik aangemaak en oor die frikkadelle gesmeer.
Voor ek dit in die oond gesit het vir 30-35 min. op 180 grade C, het ek dit met olyfolie gesmeer.
Groen boontjies met ui en aartappels gekook saam bedien.
Resep : Martie Fourie Moolman
Foto: Zander du Plessis