JOHANNA SE BROODDEEG



JOHANNA SE BROODDEEG
Ek het brood geknie vandag en my eie bunny chow gemaak en dit was heerlik.
6 koppies koekmeel
1 teelepel suiker
3 teelepels sout
1 pakkie kits gis (10g)
800 ml lou water
Meng alles bymekaar en voeg water by, eers 500 ml, meng goed en daarna bietjie, bietjie tot jy ‘n lekker knie deeg het.
Knie vir so 5 min tot elasties.
Maak toe en laat rys.
Knie weer af na gerys het, laat weer rys.
Knie dan weer af as hy gerys het en maak balletjies. plaas die bolletjies in Teracotta potte en laat rys.
Laat oond vooraf warm word op 180º C en bak vir 25 min.
Foto en Resep: Johanna Viljoen Zwiegelaar


Vannaand weer lekker boepens vetkoek en mince gemaak en ek eet dit skoon sonder enige iets op. Ek gebruik my brood resep.