JOHANN SE KRISMIS PATATS

JOHANN SE KRISMIS PATATS
4 patats (die wat die grootte van ‘n aartappel is, werk die beste)
1 koppie taai bruinsuiker
4 eetlepels botter
1 koppie gemengde vrugte-koek vrugte (skil, sultanas, kersies ens.)
1 x eetlepel Kersfees-Spice (sien aanwysings)
Kersfees Spice Mengsel
½ teelepel kaneel
½ teelepel gemmer
½ teelepel Allspice
knypie naeltjies
knypie neutmeskaat

Kook die patats, skil en al in ‘n bietjie water totdat ‘n toetspen net-net kan ingaan. Verwyder die patats en laat afkoel. Plaas die patat op ‘n desert lepel en sny dit “Konsertina”. Meng die botter, suiker en kersfees spice tot ‘n pasta.
Skep die botter-pasta mengsel tussen die voutjies van die patats. Gaan groot hier!
Kap die gemengde vrugte effens kleiner en strooi oor die patats. Draai nou elke patat afsonderlik toe in foelie en plaas dit langs die kole. Draai gereeld, om seker te maak albei kante kry hitte. Verwyder die patats en bedien.
Jy kan altyd die suiker en botter mengsel vermeerder. Hoe meer, hoe grooter vreugde!
Foto en resep deur Johann Barnard