IDEES MET SPINASIE


IDEES MET SPINASIE
Nicolene Adams
Hi wat kan ek alles met spinasie maak behalwe room spinasie, asb. Baie dankie.
Leonie De Lange McIlroy
Ek vat opgekookte hoenderfillets en sny in stukkies en meng met gebraaide uie, gekookte spinasie en room en chicken a la king poeier.
Meng alles saam met daai balle pasta. Heerlik!
Lizz Engelbrecht
Slaai: Spinasie, aarbeie, sagte Feta kaas met heuning, vars gedrukte suurlemoensap, swart peper en sout na smaak. Diep gebraaide lemoen ringe (staan net ‘n entjie weg as jy dit in olie sit) werk ook lekker vir kleur en smaak.
Elizabeth Barnard
Ek braai spinasie en uie en bacon. Meng 500 ml melk en 3 eiers en pakkie wit uie soppoeier en gooi oor spinasie. Rasper kaas oor en bak in oond vir 45 min.
Carla Botha
Soos Elizabeth se resep hierbo gooi ek dit oor mieliepap vir my paptert. Delish.
Martie Brits
Gewone outydse spinasie met aartappel en uie gekook, fyngemaak met bietjie botter, sout en genoeg peper. Soos groenbone.
Belinda Botha
Ek maak soms ‘n lekker herderspastei met ‘n twist – ek kook spinasie saam met die aartappels vir die mash deel. Heerlik!
Lorett Brittnell
Ons eet nie meer pasta nie maar vrek oor lasagne en ek gebruik die geblansjeerde blare in plek van die pastavelle.
Michelle Taljaard
My ouma was Portugees, sy kon die lekkerste spinasie sop maak.
Sy het aartappels geskil en in kleiner stukkies gesny. Uie ook kleiner opgesny en so twee knoffel huisies ook. Sy het die drie saam gekook met knorr se hoender blokkies. As die aartappel en uie sag gekook was, het sy dit gepuree, dan het sy sommer so ‘n klomp gesnipperde spinasie ingegooi en sommer ‘n handvol rys korrels, dit hang natuurlik af van die hoeveelheid sop wat jy verlang. As die rys basies gaar is, net nie pap nie, het sy die pot van die stoof afgehaal en so ‘n lekker blerts GOEIE olyf olie ingegooi, deur geroer en so ‘n halfuur laat staan, daarna kon ons die pot leegmaak.
Oh jinne – ek mis my ouma se lekker kossies.
Mense besef nie wat hulle het voordat hulle nie meer daai spesifieke persoon of persone in hulle lewens het nie. Lekker aand vir almal.
Gillian Kruger Vermeulen
Ek maak spinasie gaar met ui, sout en peper. Sny tramezinnis oop, skep spinasie, gaar bacon en mozarellakaas in. Rooster in “sandwich press” en bedien met aartappelwiggies wat liggies met olyfolie besprinkel word en in oond gebak word tot gaar en effens bruin. Vrydagaand-tipe etes in ons huis.
Foto: Ben Herbst