GIDEON SE EIER EN KAAS ROOSTERBROOD

GIDEON SE EIER EN KAAS ROOSTERBROOD
Ek het vanaand vir my hierdie broodjie oppie kole gemaak en was djjeeerlik.
Per brooitjie :
1 eier
3 snytjies brood
‘n bietjie gerasperde kaas
sout en peper na smaak
‘n smeersel chutney of mayonaise wat jy ookal van hou

Sny die binnekant van die een sny brood vierkantig uit en smeer die buitekante van die ander twee snye met ‘n bietjie botter en die binnekante met ‘n bietjie mayo.
Plaas die uitgeholde sny bo op ‘n ander sny met die gesmeerde kant buite.
Strooi ‘n bietjie gerasperde kaas in die holte.
Breek dan ‘n eier op die kaas en sit sout en peper by na smaak.
Strooi weer ‘n bietjie kaas en plaas dan die ander sny bo-op.
Plaas die broodjie op ‘n toeklap rooster en braai op matige kole vir ±10 min tot goudbruin en die kaas gesmelt is, die eier se geel behoort dan lekker loperig te wees net soos ek van dit hou.
Hmmmmmmm djeerlik !!!
Foto en resep deur Gideon Louw