ELSABIE SE PANGEBRAAIDE STOKVIS

ELSABIE SE PANGEBRAAIDE STOKVIS
Vars stokvis (pangebraai) met romerige kappertjiesaad en suurlemoen sousie
Maak kleefvrye pan goed warm en gooi genoeg sonneblom olie in om net die bodem te bedek.
Sprinkel sout en peper na smaak oor albei kante van vars stokvis filet (myne was 300g).
Sit die vis met velkant onder in pan wanneer warm en braai tot vel krakerig (so ongeveer 3-4 min) oor medium hitte.
Draai versigtig om met groot plat spatula sodat die vis nie breek nie.
Braai die ander kant tot gaar (dit gaan afhang van hoe dik die vis is). Gebruik ‘n dun mes of vurk en kyk of die vis in die kenmerkende manier oopvlek wanneer dit gaar is.

Intussen smelt so
2 eetlepels botter
1 teelepel gebottelde kappertjiesaad (capers)
2 teelepels suurlemoensap
3 eetlepels vars room.
Ek doen dit sommer in klein bekertjie in my mikrogolf.
Wanneer jy seker is die vis is gaar, sit dit op ‘n bord wat effens warm gemaak is.
Bedien met die romerige kappertjiesaad sousie en baba aartappeltjies en slaai.
Foto en Resep: Elsabie Templeton