1

BEET EN WORTEL SMOOTHIE


BEET EN WORTEL SMOOTHIE
Ons ontbyt vele oggende.
1 redelike groot beet
1 groot wortel
1 perske
2 vars pruime
Papaja na smaak, ongeveer 1 kp opgesny
1 lekker dik sny suurlemoen
stukkie vars gemmer
1 klein bakkie jogurt – bulgaars of gegeur
ongeveer 30 ml Low Cal Koeldrank

Hierdie smoothie het beet, wortel, papaja, perske, pruime, stukkie suurlemoen en stukkie vars gemmer in. Dan sit ek ‘n klein bakkie jogurt en klein bietjie “Low Cal” koeldrank by en bietjie water  laat die “blender” loop en as dit te dik is sit nog water by tot die dikte reg is. Gooi sommer so paar blokkies ys ook in dan is hy heerlik koud.
Laat “blender”   loop tot alles lekker fyn en glad is.
Met so glas vol raak mens nie gou honger nie. Dit is vir ons baie lekker en ek gebruik maar vrugte wat ek het, maar die beet en wortel sit ek altyd in.
Ek sit ook murgpampoentjie en spinasie by as ek het.
Geniet hom
Resep en foto:  Rina Kleinhans