ADAM SE CHAKALAKA AARTAPPELS


ADAM SE CHAKALAKA AARTAPPELS
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete
FOOD LOVERS RECIPES
5 aartappels
1 groot ui in ringe gesny
1 blikkie Chakalaka (sterkte van jou keuse)
1 pakkie potato bake (geur van jou keuse)
1 geklitste eier
Skil die aartappels en kook tot gaar maar nog baie styf. Sny dit in skywe en hou eenkant. Braai die uieringe in bietjie olie tot dit begin karameliseer. Rangskik die aartappelskywe in ‘n oondbak en strooi die uie daaroor. Meng die potato bake met die chakalaka en voeg ‘n halwe koppie water of melk daarby om dit te verdun. Meng die geklitste eier daarby in. Giet oor die aartappels en bak in die oond vir ongeveer 20 minute by 180ºC tot dit gestol het.