VINNIGE LEMOENPOEDING


VINNIGE LEMOENPOEDING
Stroop:
250 ml (1 koppie) water
180 ml (¾ koppie) lemoensap (± 2 groot lemoene)
60 ml (¼ koppie) suurlemoensap (vervang met lemoen as jy wil)
5 ml (1 teelepel) fyn gerasperde lemoenskil
5 ml (1 teelepel) fyn gerasperde suurlemoenskil (vervang met lemoen as jy wil)
15 ml (1 eetlepel) botter
knippie sout
125 ml (½ koppie) suiker
Beslag:
125 ml (½ koppie) sagte botter
250 ml (1 koppie) suiker
2 ekstra groot eiers
30 ml (2 eetlepels) fyn appelkooskonfyt effens verhit
10 ml (2 teelepels) fyn gerasperde lemoenskil
360 ml (bietjie minder as 1 ½ koppies) koekmeel
2 ml (½ teelepel)sout
4 ml (1 teelepel) koeksoda
250 ml (1 koppie) melk
Voorverhit die oond tot 180ºC en spuit ‘n diep oondbak, of smeer met botter.
Berei eers die stroop:
Verhit die bestanddele vir die stroop saam in ‘n kastrol op die stoof oor matige hitte, roer totdat die suiker opgelos is.
Bring die stroop tot kookpunt en prut vir 2 minute.
Draai die hitte to baie laag en hou die stroop warm totdat die beslag aangemaak is.
Berei die beslag:
Klits die botter en suiker tot lig en romerig, voeg die eiers, konfyt en lemoenskil daarby en klits goed deur.
Sif die droë bestanddele en voeg dit beurtelings met die melk by die bottermengsel en meng goed.
Giet die warm sous in die oondbak en skep die beslag versigtig in die warm stroop.
Bak die poeding ongeveer 20 min of tot goudbruin en gaar.
Lewer ongeveer 8 porsies.
Resep en foto: Cherryl Van de Linde