SJOKOLADE MOUSSE TRIFLE


SJOKOLADE MOUSSE TRIFLE
Ek het sjokolade swiss roll gebruik.
Vanilla en Sjokolade mouse
Ek het kitspoeding gebruik om my mousse te maak.
Meng die kitspoeding met 300 ml melk en klits.
Klits intussen 250 ml room styf vir elke pakkie kitspoeding.
Klits die room saam met die kitspoeding.
Nou begin jy om in lae te pak. Begin eerste met die swiss roll, daarna het ek die sjokolade mousse oorgegooi, weer ‘n laag swiss roll en dan die vanilla mousse. Pak weer ‘n laag swiss roll. Klits 500ml room styf en smeer bo oor. Dis jou keuse met wat jy bo-op wil versier. Ek het frambose gekies vir bietjie kleur saam met flake en whispers.
Resep en foto: Celeste Pelser Thompson