SJOKOLADE MODDERKOEK

SJOKOLADE MODDERKOEK
2 x 20 cm x 4 cm hoog of 36 kolwyntjies.
Voorverhit die oond 160 grade C vir gewone of 150 grade C vir waaieroond.
220 g melk sjokolade in stukke gebreek
380 g gesoute botter of bak margarien
600 g witsuiker
310 ml volroom melk
450 g koekmeel
5 ml bakpoeier
4 groot eiers liggies geklop
5 ml vanieljegeursel
Voer die boom en sye van 2 ronde 20 cm koekpanne met kleefvrye bakpapier en bespuit met kleefwerende kossproei.
Kry bestanddele gereed

Meng sjokolade, botter, Suiker en melk saam in n bak en verhit in die mikrogolf oond op 100% krag. Roer elke 2 min goed tot die mengsel gesmelt en glad is. Laat die mengsel 20 min afkoel.
Sif die meel en bakpoeier saam en klits die liggies geklopte eiers, vanieljegeursel en die afgekoelde sjokolademengsel in die meelmengsel in met ‘n draad of elektriese klitser.
Giet eweveel beslag in die 2 uitgevoerde panne en bak vir ongeveer 1 uur en 30 min of tot n ingesteekte toetspen skoon uitkom. Indien jy verkies sit n stukkie foelie met die blink kant bo oor elke koek nadat hulle 1 uur gebak het sodat die bokant van die koek nie te veel verbruin of n harde lagie vorm nie.
Haal die koeke uit die oond en los die foelie bo-op sodat die stoom wat vorm die kors effens sagter maak.
Laat die koeke in die panne afkoel, verkieslik oornag. As die tyd egter druk, laat die koeke 15 min in die panne afkoel nadat hulle gebak het en sit dan die panne met die koeke vir minstens 30 min in die vrieskas. Dit sal die koeke vinnig laat afkoel en ferm word sodat jy hulle dadelik kan vul.
Keer die koeke uit die panne en trek die kleefvrye bakpapier af.
Sny die effens harde laag bo af ( as dit nie te hard is.nie hou ek dit op want dit word sag sodra jy die botterversiersel bo oor smeer en dit los vir n ruk en dit hou ook die vorm van die koek. Sny elke koek in 2 lae.
Smeer 3 lae met vulsel soos jy die lae op mekaar stapel en bedek die bokant en sy van die koek met botter of ganacheversiersel.
Vervang 90gr van die koekmeel met 80gr onversoete kakaopoeier.  Voeg 15 ml ((1 e) kitskoffiekorrels by die melk en sjokolade voor jy dit verhit vir die donker sjokolade koek.
Verskillende geure kan ook vervang word.
Resep geplaas deur Charmaine Mostert
Foto: Charmaine Mostert en Santie Ngel