KONFYTSKUIM YSTEE


KONFYTSKUIM YSTEE
Vir almal wat nie weet wat om met die skuim van konfyt te doen nie, daai stropie wat so afsak van die skuim maak darem ‘n lekker rooibos ystee. Ek het ‘n liter baie sterk swart rooibos gemaak en dit laat afkoel tot kamer temperatuur, so halwe koppie van daai lekker stropies in gegooi. Jy kan meer insit. Sit terug in die yskas of in die deepfreeze totdat dit lekker koud raak. Baie lekker.
Foto en resep deur Jacqueline Butt Bierman