KLAPPERKOEKIES MET KERSIES



KLAPPERKOEKIES MET KERSIES
Met Kersfees om die draai het ek sommer vroeg opgestaan en besluit om die heerlike koekies te maak. Ek het toe agterna sommer ‘n groot blik vol koekies gemaak by die werk (hotel) waar ek werk.
250 g margarien
375 ml suiker
2 groot eiers
4 koppies koekmeel
20 ml bakpoeier
2 ml sout
125 ml klapper
rooi en of groen glanskersies
Verroom margarien en suiker. Voeg eiers by en meng. Sif meel, bakpoeier en sout saam bo-oor. Voeg klapper by. Meng deeglik. Rol deeg in balletjies en plaas entjie uitmekaar op ‘n gesmeerde bakplaat. Druk balletjies platter met vurk en versier met ‘n snytjie glanskersie.
Bak ongeveer 15 min by 180°C.
Lewer tot 9 dosyn koekies.
Foto en resep deur Ruvan Oree
Tweede foto: Debbie Bornman
Ek het 1 koppie klapper gebruik en ‘n koppie water. Ek het ook botter gebruik en nie margarien nie. Beslag het perfek uitgekom. Met koekie drukker gedruk. Baie dankie vir almal se raad.
Nota: Alta Gunter Van Dyk – weet jy wat doen ek, ek rol my balletjie in extra klapper, druk met my duim ‘n holte en sit ‘n kersie in. Jy kan nog klapper by sit, oppas vir te veel, dan is jou koekie moeilik om te rol in balletjies