KERRIE POT MET OORSKIET BRAAIVLEIS


KERRIE POT MET OORSKIET BRAAIVLEIS
Dit is nou left over braaivleis se kerrie pot, uie gebraai, aartappels in mikro sag gekook, alles in kastrol gegooi, dan ‘n pakkie baba wortels en petit four ertjies, bygevoeg.
Kerrie:
Hoogvol eetlepel sterk gemengde kerrie by Indier gekoop
2 teelepels borrie
2 hoogvol eetlepels appelkooskonfyt
80 ml asyn
2 teelepels bruin suiker
Maak alles aan met bietjie water so ‘n koppie
Gooi oor gaar vleis en groente
Prut stadig.
In die pot is:
6 varktjops, klein gesny
4 stukke kaaswors
2 lamstjoppies en 8 vlerkies punte afgesny en deurgesny
Resep en foto: Alta Gunter van Dyk