JT SE OONDGEBAKTE RISOTTO


JT SE OONDGEBAKTE RISOTTO
1 medium ui, in blokkies gesny
1 koppie opgekapte ham / of spek / of albei saam
1 soetrissie, in blokkies gesny
‘n knypie sout
1 koppie rou Risotto
6 teelepels vegetable stock (poeier vorm) gemeng met 3 koppies kookwater
1 koppie bevrore ertjies
‘n knypie swart peper (half eelepel)
5 eetlepels ongegeurde jogurt of roomkaas
Gebruik ‘n bietjie botter en braai ui, soetrissie, ham en of spek met peper en sout op stoof vir ongeveer 5 min tot sag.
In ‘n oondvaste pot met deksel (om vog te behou) plaas die saggemaalte uie en die soetrissie gemeng met die koppie rou Risotto in die pot.
Gooi die 6 teelepels vegetable stock poeier gemeng met 3 koppies water, sout en peper bo-oor en meng alles saam.
Bak vir 30 minute op 200°C in die oond. Haal uit.
Meng die gevriesde ertjies by.
Plaas terug in die oond vir 5 min. (oond is reeds af, maar het nog die hitte)
Haal uit oond en garneer met 5 eetlepels jogurt of roomkaas.
Plaas in selfde oond vir nog 5 min.
Skep op en eet as ‘n dis / of eet saam met enige vleis.
Die resep is genoeg vir 3 mense as ‘n “alleen” ete.
Foto en resep: JT Maritz