HOENDER EN GROENTESOP MET MOROKAANSE SPESERYE



HOENDER EN GROENTESOP MET MOROKAANSE SPESERYE
Resep en foto: Elsabie Templeton
FOOD LOVERS RECIPES
Die 2 koppies vloeistof waarin ek gister ‘n heel hoender gestoom het vir ‘n quiche gisteraand het ek vandag gebruik as die basis vir my sop.
Voeg die volgende by:
1 groot aartappel, geskil en grof gerasper
1 groot wortel, geskil en grof gerasper
1 groot murgpampoentjie, grof gerasper
1 koppie kookwater
1 – 2 koppies fyn gesnyde hoender stukkies
Morokaanse speserye na smaak
Laat begin kook en prut tot groente gaar. Dit gaan vinnig wees want dis gerasper.
Los ‘n ½ pakkie sampioenroomsop op in ‘n ½ koppie koue water.
Sout na smaak
Roer dan die sop mengsel by en pas die geur aan met ekstra sout indien verlang.