HEERLIKE GEMARINEERDE KOOL EN BROCCOLI SLAAI

HEERLIKE GEMARINEERDE KOOL EN BROCCOLI SLAAI
Maak gemarineerde kool en broccoli slaai ewe veel kool en broccoli
2 rooi uie in halwe ringe gesny
1 bossie seldery klein gesny
rooi en geel soetrissie repe gesny
Vir 1 kool kop en 1 broccoli is die marinade:
1 koppie suiker
1 koppie witasyn
½ koppe olyfolie
Meng die 3, giet oor die slaai en laat staan vir 1 dag voor bediening,
Dreineer die marinade af voor bediening.
Dit is ‘n pragtige kleurvolle slaai en dit word glad nie pap nie,  hou lank,  geniet dit
Resep:  Zelda Snyman de Villiers