GEROOSTERDE GEBOTTELDE KNOFFEL HUISIES


GEROOSTERDE GEBOTTELDE KNOFFEL HUISIES
Vat soveel knoffel bolle as wil of het. Sny die bo punt van die bol af sodat elke huisie oop is. Sit die knoffel bolle op foelie. Maal swart peper en sout bo op elke bol. Gooi nou olyfolie op elke bol – moenie skaam wees met die olie nie: dit moet by al die huisies in. Maak die foelie toe en bak teen 200°C vir so 45 minute to ‘n uur totdat die knoffel sag is.
As jy grlukkig is, behoort jy nou die onderkant van die knoffel bol te kan druk en die huisies sal na boonto uit peuel. Indien jy sukkel daarmee breek jy die huisies uit mekaar uit en druk dan aan die onderkant en die knoffel sal uit glip.
Pak nou jou knoffel lae in gesterriliseerde botteltjies met krui en speserye na jou hart. Ek het juniper bessies, pimento bessies, naeltjies, swart peper korrels, koljander korrels, lourierblare, roosmaryn en basilie gebruik. Na elke laag wat jy gepak het gooi jy olyfolie tot die bottel vol is.
Hierdie geroosterde knoffel gaan nou lekker geur opbou tot jy dit gaan gebruik.
Dit is heerlik op oondgeroosterde broodjies en saam kaas op ‘n kaasbord. Na die tyd kan jy die olie gebruik om mee te kook.
Ek het 8 knoffel bolle gebruik vir die 2 botteltjies.
FOTO: Wayne Dugmore