FRIKKADELLE MET SPINASIE EN SAMPIOENE


FRIKKADELLE MET SPINASIE EN SAMPIOENE
Het so bietjie gespeel met meatballs vanaand.
Frikkadelle:
¼ koppie melk
ekstragroot knip witpeper
¾ t koljander
½t neutmuskaat
ekstragroot knip kruienaeltjies
1 t sout plus nog ’n ekstra groot knip sout
3 snye witbrood, korsies afgesny
2 eiers geklits
1 kg bees maalvleis
½ koppie witui, gerasper nie gekap nie
200 g engelse spinasie fyn gekap
250 g sampioene baie fyn gekap

Gooi die speserye en sout by die melk. Week die brood daarin tot al die melk opgesuig is. Maak die brood met ’n vurk fyn en meng eiers in. Voeg dit by die maalvleis, sampioene, spinasie en ui. Meng liggies deur met die vurk.
Smeer die bodem van ’n oondvaste bak met botter. Vorm liggies frikkadelle en sit in oondbak en bak vir 35 – 40 min teen 180 grade C.
Foto en resep:  Wian Swart
Nota – Rina Kleinhans – moet nooit jou maalvleis teveel hanteer nie, dan is die frikkadelle baie vas.. werk met ‘n vurk en rol liggies soos Wian hier aanbeveel  🙂