DURBAN SKAAPKERRIE

DURBAN SKAAPKERRIE
Was bietjie lus vir lekker warm kerrie. Regte Durban style.
2 kg lam skenkels
4 medium aartappels in stukke gesny
2 medium uie gekap
2 bay leafs
1 teelepel borrie
1 teelepel eiergeelpoeier
1 teelepel fennel
1 teelepel knoffel
1 teelepel gemmer
5 heel steranys saad
3 swart alcha
2 wit elachie
3 gemmer stokkies
4 tot 6 teelepels mix masala
1 teelepel garam masala
1 teelepel sout
1 blikkie indian mix tamatie
1 pakkie tamatie paste
2 teelepel koljander pesto of ½ koppie gekapte dahnia blare
2 teelepel perskeblatjang of bruinsuiker
3 teelepel klapperolie

Braai uie, knoffel en gemmer in klapperolie tot uie glaserig is.
Voeg bay leaf, fennel, anyssaad, alcha, elachie, gemmer, borrie en eiergeel by en braai vir drie minute.
Voeg die vleis by en braai tot bruin. Voeg nog olie by indien nodig. ( moet glad nie water by gooi nie)
Voeg  die mix masala poeier by en roer deur. Braai vir drie minute op medium hitte.
Voeg die indian tamatie mix by roer en braai twee minute.
Voeg die aartappels (kan wortel ook by sit) by en roer.
Voeg  die tamatie paste blatjang/suiker by en roer. Bring tot by kookpunt, sit deksel op en draai hitte af tot 1 (laag) prut vir 1 ½ uur. Voeg die garam masala, sout en koljander pesto by.
Kook nog ‘n ½ uur.
Bedien met basmatie rys of kwart brood vir bunny chow.
Belangrik om nie water by te voeg nie. Dit sal eie sous maak soos dit kook. Geniet
Resep en foto: Danie Bester