BRÖTCHEN (DUITSE BROOD ROLLETJIES)


BRöTCHEN (Duitse Brood Rolletjies)
2 ½ tot 3 koppies meel
1 pakkie aktiewe droë gis
1 teelepel suiker
1 teelepel sout
1 teelepel olie
1 koppie warm water
1 eierwit
Gooi 2 ½ koppies meel in ‘n groot bak en vorm ‘n gat in die middel. Meng gis, suiker en twee eetlepels water in ‘n aparte houer. Gooi die gismengsel in die gat, maar dit mag nie meng met die meel nie. Bedek die bak met ‘n lap en sit eenkant vir 15 min in ‘n warm plek.
Voeg die oorblywende water en olie by en klits tot dit gemeng is. Draai deeg uit op toonbank en knie tot glad. Voeg die oorblywende ½ koppie meel by indien nodig. Sit deeg in ‘n bak, bedek en laat dit rys tot dubbel in grootte. Verdeel die deeg in 12 dele.
Vorm in ovaalrolletjies en plaas 8 cm uitmekaar op ‘n gesmeerde bak papier. Bedek en laat rys tot dubbel in grootte. Klits eierwit en 1 teelepel water met ‘n vurk tot glad en borsel op die rolle. Bak 15 tot 20 minute in ‘n voorverhitte oond teen 230 °C tot goudbruin.
Foto: Geane Jacobs