BABS SE GEMMERKOEKIES

BABS SE GEMMERKOEKIES
Resep geplaas en foto: Lien Pieterse
250 g sagte botter maar nog steeds koud
1 eier
2 koppies suiker
1 koppie stroop
20 ml koeksoda
15 ml asyn
sout
40 tot 50 ml gemmer
2 koppies koekmeel
eksta 4 ½ koppies koekmeel

Verroom die botter met die eier.
Voeg suiker by en roer net vinnig deur tot gemeng.
Voeg stroop by en meng tot net gemeng.
Voeg koeksoda, gemeng met asyn, en sout by.
Meng gemmer met die 2 koppies meel en voeg by die bottermengsel.
Meng die ander meel koppie vir koppie by. Nie alles gelyk. Deeg kan te styf wees. Deeg moet sag wees.
Moenie dat die deeg te warm word nie. Ek gebruik so min as moontlik my hande.
Maak bolletjies van so 15 g en bak dit by 170°C vir 20 tot 25 min.
WENK: BAK EERS SO PAAR BOLLETJIES OM TE SIEN OF DIE DEEG REG IS.