APPELVLA KOEKSISTER

APPELVLA KOEKSISTER
2 appels, fyn gekook
2 velle skilferkors
dik vla, goed afgekoel (melk suiker vlapoeier)

Plaas 2 velle deeg bo op mekaar druk kante liggies vas Sny in twee ewe groot dele. Sit ‘n ry appelstukkies lengte gewys op deeg. Skep nou afgekoelde dik vla bo oor. Rol op soos ‘n wors. Doen dieselfde met oorblywende stuk deeg. Vleg nou altwee deeg worse tesame
Bak by 200°C vir 20 min.
Resep en foto deur Brunhilda Venter