VOORTREKKER DADELBROOD


VOORTREKKER DADELBROOD
Ek moet net hierdie dadelbrood resep met julle deel. Ek kry die resep uit voortrekker resepte boek.
375 g fyn gekerfde dadels
125 g margarien, in klein blokkies gesny
5 ml koeksoda
250 ml kookwater
190 ml suiker
1 eier, geklits
5 ml vanilla geursel
500 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
Plaas die dadels, margarien en koeksoda in ‘n mengbak.
Giet die kookwater bo-oor. Roer en laat staan om koud te word.
Klits eier, suiker en vanilla geursel goed en voeg by die dadelmengsel.
Sif koekmeel en bakpoeier saam en vou by die dadelmengsel in.
Bak 1 uur by 180°C in ‘n gesmeerde broodpannetjie.
Geniet hom xxx
Resep en foto geplaas deur Linda Venter