TUNA EN TAMATIE IN KAASSOUS GEBAK


TUNA EN TAMATIE IN KAASSOUS GEBAK
Halwe rooi en groen pepper elk opgesny
1 Klein ui gesny
Handvol klein eksotiese tamaties (verskillende kleure) middeldeur gesny
1 blikkie tuna gedreineer
1 koppie skerp verouderde Cheddar kaas (gerasper)
Maak ongeveer 1 en half na 2 koppies melk se medium dikte witsous met half koppie skerp verouderde Cheddar daarby ingemeng.
Braai die uie en pepers vir 10 min tot begin verkleur
Vlok die tuna op en meng in die witsous.
Spuit tertbord met kleefvrye sproei. Gooi die tuna witsous in die tertbord. Garneer met die peper & uie en sit die tamatie helftes bo-op. Sprinkel met die oorskiet kaas bo-oor en bak by 180° C vir 20 min of tot die kaas gesmelt en gereg effens verbruin. Bedien op pasta of rys.
Foto: Elsabie Templeton