TASCHA SE KERRIEBOONTJIES MET WORTELS

TASCHA SE KERRIEBOONTJIES MET WORTELS
1.5 kg gekerfde boontjies
1.5 kg blokkie wortels
1 kg gekerfde uie
2 teelepels (gelyk geskraap) sout
Kook 10 min in stoompot.
1 bottel asyn (750ml)
3 koppie suiker
2 teelepels kerrie (gelyk geskraap)
2 eetlepels (hoogvol) Maizena

Kook asyn en suiker saam.
Maak pasta van maizena en kerrie.
Roer in kokende mengsel in.
Giet oor bone.
Kook 5 minute
Bottel warm
(Ons hou van brand… so ekt geproe tot hy reg is terwyl ek meer kerrie by gesit het)
Resep en Foto: Natascha de Jongh