RYK KARRINGMELK BESKUIT


RYK KARRINGMELK BESKUIT
1.175 kg (9 x 250 ml) koekmeel
300 g (375 ml) witsuiker
15 ml bakpoeier
15 ml kremetart
5 ml sout
500 g botter of margarine
2 eiers, geklits
125 ml vars room
sowat 400 ml karringmelk
5 ml koeksoda, opgelos in’n bietjie warm water
Sif die meel, suiker, bakpoeier, krematart en sout saam, frummel die smeer daarin.
Meng die eiers, room 250 ml van die karringmelk en die koeksoda en meng met droë bestanddele. Voeg nog karringmelk by om sagte hanteerbare deeg te vorm.
Rol balletjies, plaas in gesmeerde panne en bak ongeveer ‘n uur by voorverhitte oond 180°C.
Keer beskuit uit en breek versigtig oop. Plaas op draadrakkie en droog oornag uit in koel oond.
Foto en resep geplaas deur Susan Sussiena Wagenaar Mitchell