ROAST SIRLOIN



ROAST SIRLOIN
Die geheim om hierdie vleisstuk lekker gaar te maak is droë hitte. M.a.w. geen braising en gekook in ‘n pot waarby enige vloeistof (water/stock/wyn) gevoeg is nie. Onder geen omstandighede nie 🙂 Dit word in die oond gerooster. Vra die slagter moet die vleis vir jou vasbind met tou in ‘n rol.
Haal die vleis uit die yskas omtrent 30 min. voor jy dit gaan gaar maak.
Voorverhit oond op 200*C. ‘n Warm oond is belangrik.
Geur die vleis goed reg rondom met Ina Paarman speserye. Ek gebruik Garlic Pepper en Seasoned Salt. Vryf ook vars gekapte kruie in (roosmaryn, tiemie, origanum. Provence mengsel)
Plaas die vleis met die vet gedeelte na bo op ‘n rakkie binne-in ‘n oondpan.
Plaas vleis in oond en bak vir 15 tot 20 minute.
Verlaag oondtemperatuur na 160*C.
Bak nou vir 2 1/2 tot 3 ure. Tyd sal alles afhang van grootte / gewig van vleis en van hoe jy jou vleis verkies.
Verwyder uit oond en laat die vleis vir 15 minute rus (NB!) voor jy dit voorsny. Bedien met gravy of romerige sous.
Bereken die baktyd voor die tyd so:
“Rare” (helder pienk): 20 minute per 500g, plus 20 minute
“Medium” (ligpienk): 25 minute per 500g plus 25 minute
“Well done” (geen pienk): 30 minute per 500g plus 30 minute
Resep geplaas: Louise Groenewald
Foto: Rina Kleinhans
Nota: die “beef roll” is perfek. Ek wou hom “well done” he, maar sappig en dit is wat ek gekry het. Wat ek wel gedoen het is ek het hom in ‘n casserol gesit nadat ek die oond afgedraai het, want die oond was vir my te warm, maar die laaste 30 min was hy oop.
Foto 2: Louise Groenewald
Hierdie is die ekonomieste heel vleisstuk vir jou Kerstafel. My roast was 1,1kg en het R100 gekos. 10 mense kan gemaklik daarvan eet. Wees versigtig om dit nie té gaar te maak nie, dit moet nog lekker sappig wees. As jy van medium hou en julle gaan dit eers die vlg dag eet, gaan liewers vir rare se baktyd. Dit raak gaarder as dit staan en jy gaan dit nog die volgende dag opwarm ook. Ek het dit vandag vir middagete op vars paninni broodjie koud geëet met mosterd. Koningskos! Hierdie stukkie vleis gee ‘n oondpan vol, saam met lekker gravy.