PIEKEL ASPERSIES

PIEKEL ASPERSIES
(Maak 2 flesse)
800 g vars aspersies, gewas
250 ml witwynasyn
300 ml water
5 ml mosterdsaad
7,5 ml piekelspeserye
15 ml sout
IN ELKE GESTERLISEERDE FLES:
knypie rooipeper
2,5ml dille saad
½ knoffelhuisie
½ jalapeno rissie [opsioneel]
Sit die aspersies in ‘n kastrol vol kookwater en blansjeer vir 1 minuut.
Dreineer en spoel onder koue water af.
Pak die aspersies (probeer so veel as moontlik inpas) in die bereide flesse met die punte na bo.
Verhit die witwynasyn, water, mosterdsaad, piekelspeserye en sout in ‘n kastrol en laat vir 15 minute kook.
Giet dit bo-oor die lote in die flesse en verseel dadelik, maar draai die deksel weer ‘n halwe draai los.
Steriliseer die aspersies vir 5-10 minute in ‘n waterbad.
Haal die flesse uit, draai die deksel dadelik styf toe en laat die flesse afkoel.
WENK:
Regop flesse werk beter.
Dit is moeilik om te bepaal hoeveel aspersies jy in elke fles sal inpas omdat die dikte van die aspersies geweldig verskil.