MELKTERT SPRINGROLLS

MELKTERT SPRINGROLLS
Gewone melktert resep
4½ koppies melk
2 eetlepel mielieblom (maizena)
2 eetlepel koekmeel
1½ koppie suiker
3 eiers
1 teelep vanilla geursel
Knippie sout
1 eetlepel botter
Kook die melk.
Klop eiers en suiker saam.
Voeg meel, mielieblom en sout by eiermengsel.
Voeg nou by kokende melk terwyl heeltyd vinnig roer.
Meng deeglik tot dik.
Voeg botter en vanilla by laat afkoel.
Ek gebruik springroll deeg daar is gewoonlik 50 velle deeg in ‘n pak.
Sit van die vulsel op ‘n vel, rol op en braai in diep olie tot goud bruin en strooi met kaneel en strooisuiker
Foto: Johan-Kobie Van Rooyen‎