MAKKIE SE JODETERT

MAKKIE SE JODETERT
Korse:
Sif saam in mengbak:
400 ml bruismeel
knippie sout
125 ml suiker
Vryf 125 ml sagte botter in.
Maak aan met 1 geklitste eier.
Laat ‘n rukkie staan.
Rol deeg dun uit en druk 5 groot ronde korse met ‘n ronde koekpan uit. (Baie geduld en vaardigheid hier nodig want dit breek maklik!)
Tel versígtig op met ‘n eierspaan en plaas op gevoerde, gesmeerde plat koekiepanne.
Bak 2 op ‘n slag vir ongeveer 12 min in ‘n voorverhitte oond teen 180°C.
Laat redelik afkoel in die pan tot dit harderig is voordat jy dit uithaal anders breek dit maklik.
Bak ook die orige stukkies deeg en plaas eenkant.
MAAK VULSEL:
In groot kastrol (ek het in dit in ‘n groot mengbak in die mikrogolfoond gemaak)
1 liter melk
1 eetlepel botter
125 ml suiker
Bring stadig tot kookpunt.
Meng saam in groot beker:
2 eiers
50 ml vlapoeier
50 ml maizena
50 ml koekmeel
knippie sout
5 ml vanilla geursel
Klits goed deur met draadklitser en giet stådig by kokende melk terwyl jy roer.
Kook liggies vir twee minute.
Laat eenkant staan om heeltemal af te koel.
Klits af en toe.
Plaas een kors op ‘n opdienbord en smeer vulsel bo-op.
Herhaal tot laaste vla op die laaste kors gesmeer is.
Krummel die res van die stukkies koekies en strooi bo-oor.
(Verkoel in yskas vir ‘n dag of twee voor opdiening)
Foto en resep geplaas deur Makkie Ludick