INGELEGDE KERRIE BOONTJIES

INGELEGDE KERRIE BOONTJIES
(Groenboontjie slaai)
2 kg groenboontjies (gewas, opgesny of heel)
1 kg uie – in skywe of opgekap
400 g suiker
750 ml bruin asyn (ek het gewone wit asyn gebruik)
50 ml mielieblom
30 ml kerriepoeier – of meer na smaak
15 ml sout
10 ml borrie
Kook die boontjies en uie in genoeg water tot sag. Dreineer
Voeg die suiker en 500 ml van die asyn by die boontjiemengsel en laat dit stadig deurkook.
Meng die mielieblom, kerriepoeier, sout en borrie met die oorblywende 250 ml asyn. Roer dit by die boontjiemengsel en kook dit stadig tot dik.
Gooi bietjie van die kerrie sous mengsel onder in die botteltjies voor die bone mengsel ingegooi word, dit verhoed dat daar te veel lugblasies vorm.
Bottel dadelik warm en verseël deksel “vinger tight”. Sit verseëlde bottels in waterbad en laat 5 minute kook om goeie vakuum te verseker. Draai deksel dadelik stywer sodra uit water gehaal word.
Resep geplaas deur Petro Borchard
Foto: Petro Borchard