GROENTETERT MET MURGPAMPOENTJIES


GROENTETERT MET MURGPAMPOENTJIES
Ek bedien dit altyd saam met braaivleis of as groente by kookkos of ligte maaltyd saam met ‘n slaai.
1 koppie koekmeel
1 koppie gerasperde Cheddar
125 ml sagte margarien
Meng deeglik en druk in ‘n gesmeerde tertpan.
Bak kors tot vir ‘n rukkie in oond van 180°C. VULSEL
2 uie
2 klein pakkies murgpampoentjies
4 eiers
225 ml melk
1 ml rooipeper
1 koppie gerasperde cheddar of meer
2 eetlepels Parmesan kaas
1 pakkie wit uiesoppoeier (pakkie sampioene, opsioneel)
Skil uie en sny in klein blokkies.
Rasper murgpampoentjies en braai saam met uie in botter.
Ek braai ‘n pakkie sampioene ook by.
Laat afkoel, voeg res van bestanddele by en skep in gebakte tertdop. Bak in oond van 180°C vir 30 – 35 min. Laat effens afkoel voor jy dit sny.
Heerlik – geniet!
Resep geplaas deur Annemarie Badenhorst
Foto: Benhet Nieuwenhuis