GIDEON SE ROOSTERKOEKE

GIDEON SE ROOSTERKOEKE
5 x 250 ml wit of bruin broodmeel
1 pakkie kitsgis
62.5 ml melkpoeier
6 ml sout
30 ml suiker
375 ml louwarm water
60 ml sagte botter of margarien

Meng al die droĆ« bestanddele in ‘n groot mengbak en maak ‘n holte in die middel. Giet louwarm water bietjie vir bietjie by en meng tot ‘n stywe deeg. Voeg nou die botter by en knie dit by die deeg in. Hou aan tot die deeg glad en elasties is. Vorm die deeg in ‘n bal en smeer met olie en laat rys op ‘n warm plek tot dubbel die volume.
Maak seker die vuur brand al. Jy het matige kole nodig. Knie die deeg af en knyp klein balletjies af. Rol elke balletjie effens platter met ‘n koekroller op ‘n meelbestrooide oppervlak. Laat weer rys.
Pak die broodjies op ‘n gesmeerde rooster en braai hoog oor matige kole. Draai gereeld en rooster tot die broodjies hol klink as daarop geklop word.
Foto: Gideon Louw