EAT-SUM-MORE BESKUIT


EAT-SUM-MORE BESKUIT
Roer saam:
500 g botter
2 koppies suiker

Klits saam:
2 ekstra groot eiers
2 koppies lou water

Sif saam:
1,5 kg bruismeel
2 teelepels bakpoeier
1 teelepel sout

Meng die eiers- en meel-mengels beurtelings by die botter mengsel in.
Rol balletjies, pak in gespuite panne en bak ± ‘n uur by 180°C.

Sny in vingers en droog uit soos verkies.

En dis dit, so ‘n eenvoudige reseppie maar dis verby lekker.
Ek maak dit gewoonlik sommer dubbeld aan vir darem die moeite werd. Jammer ek kan nou nie die klaar gebak wys nie, maar ek sal sodra die vakansie begin vir die kleinkinders bak en dan sal ek weer ‘n fototjie opsit.
Ek sit die resep maar solank op want eks seker ekt jul nuuskierig oor die resep wat ek so naarstigtelik gesoek het…lag.
Weereens baie dankie vir jul wonderlike vriendskap en omgee hier.
Resep geplaas deur Eurika Buckle

Foto: Noeline Cronje Terblanche
Ek het rosyntjies ingesit.
Die resep werk 100%, dink egter die naam is bietjie misleidend. Smaak heerlik, maar nie na “Eet sum more” koekies, meer na karringmelk beskuit. Sal die resep verseker aan beveel en ook gereeld weer bak.