CREMORA TERT MET PYNAPPEL


CREMORA TERT MET PYNAPPEL
Resep: Magda Van Der Merwe.
Foto: Marné Jacobs
FOOD LOVERS RECIPES
3 koppies Cremora poeier
1 pakkie pynappel jellie
1 koppie kookwater
Meng bogenoemde baie goed saam vir so 3 min, laat goed afkoel.
Voeg die volgende by en meng goed:
1 blikkie kondensmelk
1 blikkie gedreineerde fyn pynappel
¾ koppie suurlemoensap
(drink sommer die pynappelsap)
Ekstra:
1 blikkie Ideal melk verkoel oornag
Tennisbeskuitjies
Klop verkoelde Ideal melk styf en vou dit by die Cremora mengsel in.
Skep die mengsels in ‘n gespuite tertbak wat met tennisbeskuitjies gepak is , stooi fyn beskuitjie krummels oor en laat te minste vir 5 uur in yskas voor bedien.
Nota:
Ek vervang ook die jellie met suurlemoenjellie en die pynappel met 2 blikkies granadilla mousse.
Hierdie is regtig ‘n staatmaker en lewer ‘n lekker groot tert.