VOORBEREIDING VAN VARS MOSSELS


VOORBEREIDING VAN VARS MOSSELS
Ek pluk die mossels en hou in soutwater tot by die huis. Dan gooi ek hul vir 20 min in vars water wat hul irriteer en veroorsaak dat hul meeste van die sand binne in uitwerp. Trek dan die baardjie vanaf die platkant na die “skanierkant” uit. Kook dan in gewone water tot hul begin oopgaan. Verwyder die leĆ« helfte van die dop. Sit in plastiek sakkies en in die vrieskas. Haal dan uit as jy braai vir n lekker voorgereg. Plaas nog gevries op kole en gooi n knoffel suurlemoen en botter sousie oor. My sous het natuurlik altyd tabasco by vir n lekker bytjie…
Wenk gepos deur Christo Schmidt
Foto: Christo Schmidt
Hannes Smith
As dit Weskus mossels is moet jy eers seker maak of daar nie rooigety in die betrokke waters is nie. Bel seevisserye. Gooi die mossels in `n emmer skoon water vir `n ruklank sodat hulle van die ergste sand kan uitskei. Trek of sny die baardjie langs die skulp af en borsel skoon met `n harde borsel. Ek verkies om seekos te stoom en nie te kook nie. Sit `n paar klippe in `n `n groot emmer en gooi net genoeg water verkieslik seewater om die klippe te bedek, bring tot kookpunt en sit die mossels in. Stoom totdat hulle oopgaan en sit dan in koue water. Gooi mossels wat nie oopgegaan het nie weg. Die mooi skoon en gaar mossels kan nou met die knoffelsousie of ander lekker sousie selfs effe kerrie sousie in `n pan geprut word. Moenie `n lekker mossel sop miskyk nie dis heerlik